Mango Atjar
By Theo BekkerTags: mango , Atjar
Others articles in: Recipes
- Mango-Atjar 5 –6 ryp mango’s
- 25 ml Sout
- 500 ml of meer olie
- 37,5 ml atjar-masala (by Maleier winkels te koop ) OF
- 50 ml matige keriiepoeier
- 10 ml borrie
- 10 ml mosterdsaad,
- gestamp5 ml fenegriek,
- gestamp12 – 15 heel rooi en groen brandrissies
- 15 ml grof-gekapte,
- vars knoffel
- Was die mango’s goed af en sny elke mango in agt skywe aan die pit sonder om te skil. Sny die ksywe los van die pit en vryf die skywe in met die sout. Skep in ‘n plat houer, bedek met kleefplastiek en plaas ‘n paar uur in die koelkas.
- Verhit die olie tot kokend warm. Skep die helfte in ‘n klein kastrolletjie en hou warm. Meng die masala,borrie, mosterd en fenegriek en meng met die een helfte van die olie en roerbraai vir een minuut sonder om die speserye te brand. Ment die brandrissies en knoffel met die ander helfte van die olie. Meng die twee olies met mekaar, verwyder van die hitte en laat afkoel.Pak die mangoskywe in skoon, gesteriliseerde flesse en bedek met die oliemengsel. Die olie MOET die vrugte volkome bedek. Indien nie, verhit nog olie tot kookpunt, laat afkoel en giet oor. Verseël en laat ten minste ses weke staan voor gebruik. Hierdie skywe is ‘n moet by kerriegeregte.
